Genesis 12:1-9
Datum: 1 Maart 2026 (Oggenddiens)
Prediker: Ds Hannes Burger
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
Genesis 12 vertel hoe die Here vir Abraham roep.
- Dan los Abram alles wat vir hom bekend voel net so, en kom.
- En dit terwyl hy nie eens weet waarheen nie!
- God se koninkryk vra alles van jou
- Soos in Jesus se storie van die man wat die skat gekry het.
- Hy het alles wat hy het gaan verkoop om daardie land te koop.
- Die prys van God se koninkryk is álles.
- Verstaan ons dit al?
- Ook in Abraham se geval, neem God die inisiatief
- Geloof, sê Hebreërs 11, is om God op sy woord te vat, en onvoorwaardelik te gehoorsaam.
- Die skat van die koninkryk het Abraham se prioriteite heeltemal verander.
- Is Abraham ons groot rolmodel?
- Abram en Sara was geen super-gelowiges nie!
- Tog leer hy ons dat dissipelskap en gehoorsaamheid één is.
- So word Abraham self ‘n seën vir almal rondom hom. Hy kry selfs ‘n nuwe naam.
- Want Abraham het kans gesien vir die prys.
- En daarin het hy sy gesin saam met hom geneem...

