Eksodus 3:4-12 en Lukas 15:1-7 (2020 Vertaling)
Datum: 13 September 2026 (Oggenddiens)
Prediker: Adriaan Vogel
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
Wanneer ek op 'n Sondagoggend deur die kerkbanke kyk, sien ek… Maak jy hierdie sin vir my klaar. Wat sien jy wanneer jy op 'n Sondagoggend in die kerkbanke sit en jou medegelowiges sien? Wat bring ons so bymekaar?
Onthou asseblief om jou skoene uit te trek: God kan ons soms op verrassende plekke ontmoet. So in die verloop van die lewe is daar net 'n oomblik wat 'n mens tot stilstand roep. Maar sien ons dit? Besef ons dat ons nou in die teenwoordigheid van God staan? Hoe sal ons daarop reageer?
Enigiets is te koop, as die prys reg is: Of so iets het ek al gehoor. Huise, motors, selfs oupa se spesiale horlosie wat uit die oorlog kom. As iemand die regte prys aanbied, is daar selfs met 'n sentimentele erfstuk 'n oomblik se oorweging. As items en ervarings alles te koop is, wat dan van 'n heilige oomblik? Moenie verbaas wees as iemand wel probeer nie.
Lees Lukas 15:1-2
Meng jou met die semels…: Hulle was nie heeltemal verkeerd nie. Jesus het met die “verkeerde” mense van die gemeenskap gekuier. Dit maak saak en is nie iets wat ons kan ignoreer nie.
Lees Lukas 15:3-7
Dit maak saak dat een skaap saak maak: Dit herinner ons dat elkeen se hart, se siel en se lewe kan uitroep na God. Selfs al voel jy verlore. Of is dit juis wanneer jy verlore voel?
'n Herder wat gaan soek: Dit is soms te maklik om ons “waardigheid” te meet teenoor wat ons gedoen en bereik het. Hierdie verhaal vra jou om nie die motivering by die skaap te vind nie, maar by die Herder.
Dit kan jy ook wees: Om af te sluit wil ek vra dat jy aan een vraag dink: “Watter mense roep God almal om in Sy diens te staan?”

