1Kor.15:1-11
Datum: 19 Mei 2024
Prediker: Chris Barnardo
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
- Vanoggend besin ons oor die kern van ons geloof, die kragtige gebeurtenis wat ons geloof vorm en aanvuur - die opstanding van Jesus Christus. Sonder die opstanding van Jesus uit die dood kan ‘n streep deur die Christelike geloof getrek word.
- In Jesus se opstanding uit die dood is daar vier werklikhede waarvan ons moet kennis neem voordat ons die pad van dissipelskap met alle ywer begin aanpak
a. Die opstanding vul ons met hoop – vir onsself maar ook vir die wêreld.
b. Kragtens Jesus se Hemelvaart is Jesus nie net die lewende, opgestane Messias nie. Hy is ook Heer wat vanuit sy plek aan die regterhand van die Vader waak oor ons lewe en regeer oor die ganse aarde en oor alle magte.
c. Met Jesus se Hemelvaart het Hy die Heilige Gees aan die kerk en aan ons elkeen gegee.
d. Ons het die belofte van die wederkoms van Jesus en die oprigting van ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde.
- Die opstanding is nie net 'n verre belofte nie, maar 'n kragtige werklikheid wat ons lewens verander. Dit bring hoop in wanhoop, lig in donkerheid, en lewe in die dood. As ons dit regtig glo, sal ons lewens die krag en vreugde van Christus se oorwinning weerspieël.