Psalm 91
Datum: 10 Augustus 2025 (Oggenddiens)
Prediker: Chris Barnardo
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
Inleiding. Verlede Sondag het ons stilgestaan by God se onmeetbare liefde vir die mens. Dit is God wat die inisiatief neem en die eerste tree na ons gee. “Voordat ek kon kies, kon vra, het u Seun my vloek gedra.” Dit is genade, onskryflik groot.. Vanoggend staan ons stil by die tema: “Ek voel veilig by die Here.” Dit is die liefde waarin ek werklik kan veilig voel.
God is ons skuilplek. Die Here bied ’n plek van rus, verborge teen die storms van die lewe.
God is ons beskermer. God beskerm ons teen die dinge wat ons nie eens raaksien nie.
God is getrou – jy kan Hom vertrou. God verander nie soos mense nie. Sy liefde, sorg en teenwoordigheid is konstant. Selfs al voel jy Hom nie altyd nie, is Hy daar.
Slot. Vandag herinner die Here jou: Jy is nie alleen nie. Jy is nie verlore nie. Jy is nie aan jouself oorgelaat nie. Jy is veilig – want jy is in Sy hand.
Mag ons in De Eike aan verse 14, 15 en 16 geken word:
14“Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,” sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.
15Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor; in sy nood sal Ek by hom wees, Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.
16’n Baie lang lewe sal Ek hom gee en oor my hulp sal hy hom verbly.”

