Matteus 4:18-22 en Matteus 9: 9-13

Datum: 10 Mei 2026 (Oggenddiens)

Prediker: Johan Janse van Rensburg

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

In beide hierdie gedeeltes uit Matteus lees ons hoe een oomblik gewone mense se lewens totaal en al verander.  Vissermanne wat besig was met hulle nette, ’n tollenaar agter sy tafel. Hulle is nie besig met iets buitengewoons nie. Hulle is nie op soek na iets groots nie. Hulle leef net hulle daaglikse lewens.

 

En juis daar, in die gewone, kom Jesus verby. En Hy sê: “Kom saam met My… volg My.” Dit is nie ’n lang verduideliking nie. Geen kontrak nie. Geen waarborge nie. Net ’n uitnodiging. Net  ’n Roepstem.

 

Hulle was doodgewone mense, maar Jesus sien anders. Hy sien nie net wie hulle is nie, Hy sien wie hulle kan word. Dit is die goeie nuus. Want die dissipels se storie is ons storie. Ons voel ook dikwels doodgewoon. Soms selfs nie goedgenoeg nie. Ons dink: “Wie is ek? Wat het ek om te bied?”

 

Maar Jesus stap nie verby nie. Hy sien ons ook raak en roep ons. Nie omdat ons alles agtermekaar het nie. Nie omdat ons perfek is nie. Maar omdat Hy jou liefhet. Omdat Hy iets in jou sien wat jy dalk self nog nie sien nie.

 

Wat opvallend is in hierdie gedeeltes, is hoe vinnig die dissipels reageer. “Onmiddellik” los hulle hul nette. Matteus staan op en volg Hom. “Volg My” beteken: los wat jou vasbind. Los dit wat jou definieer. Los dit wat jou veilig laat voel en stap agter My aan.