Matteus 9:35 – 10:4

Datum: 2 Maart 2025 (Oggenddiens)

Prediker: Ds Annelet Slazus

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

In my huis is daar altyd iets soek. As dit nie ‘n bril is nie, dan is dit sleutels, as dit nie sleutels is nie, dan is dit “wat gaan ons vanaand eet” en so in die soek na als, vergeet mens dikwels waarmee jy werklik besig was.

Dis nou baie tong in die kies gesê, maar dit is eintlik ‘n diep vraag: “Waarmee is ek werklik besig?” Ons lewe in ‘n wêreld wat konstant soekend is. Soekend na iets meer, soekend na iets beter, soekend na iets anders, soekend na iets, soekend...

In Matteus 9 vanaf vers 35, sien ons Jesus, en hy is besig met sy bedieningswerk. Hy is besig om mense te genees, mense te vertel van die evangelie, dat mense God vir hulle lief is en dat God in ‘n verhouding met hulle wil staan. Jesus preek dat God nie ‘n afsydige God is nie, maar dat God intiem, aktief en kreatief in hulle lewe betrokke is.

En dan op ‘n stadium kyk hy na die skare voor hom, en hy sien hulle raak. Hy sien hoe hulle bang is, hy sien hoe hulle verwese is, hy sien hoe hulle rigtingloos en moedeloos is. Hy sien hoe hulle soekend is. En dan kom Hy met ‘n plan.

Jesus daag ons uit met die vraag: “Waarmee moet julle werklik besig wees?” Ons ken die antwoord, dalk het ons net so bietjie vergeet terwyl ons so soek-soek besig is.