Lukas 18:9-14
Datum: 24 November 2024 (Oggenddiens)
Prediker: Chris Barnardo
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
- Inleiding. Om mense te takseer op grond van uiterlike dinge is gevaarlik. Ons moet by Jesus leer hoe om dit reg te doen. By Hom leer ons hoe om mense met waardigheid te behandel. En vanoggend se Skriflesing herinner ons daaraan dat geestelike hoogmoed al van Jesus se tyd af springlewendig was.
- Die gevaar van geestelike hoogmoed. Die Fariseër in hierdie gelykenis was iemand wat oortuig was dat sy saak met die Here reg was en dat hy goed gelewe het. Hy was seker van sy eie geregtigheid. Hy het vasgestel dat hy nie soos "ander mense" is nie — soos diewe, onregverdiges, of selfs soos die tollenaar langs hom. ‘n Mens kan jou van buite af mooi wit pleister en skoon verf, maar van binne af kan jy jou nie self reinig van sonde nie. Al doen jy hoeveel goeie dinge, dit kan nie jou sonderekord in God se boeke uitwis nie.
- Bêre die vergrootglas. Neem daardie vergrootglas en bêre hom sovêr as jy kan! In my geestesoog sien ek die tollenaar, wat nie eens durf opkyk nie. Kop onderstebo, gebroke, is hy eerlik en opreg bewus van sy sonde, en besef sy groot afhanklikheid van God se genade. Sy gebed was eenvoudig en nederig: "O God, wees my, sondaar, genadig." Hy het erken dat hy God se genade nodig het, en dit is wat sy gebed eerlik en opreg gemaak het.
- Ware geregtigheid kom deur genade. Jesus beklemtoon in hierdie gelykenis dat God nie ons werke meet om ons geregverdig te verklaar nie, maar eerder kyk na ons harte. Ons kan nie die genade van God verdien deur goeie dade nie; dit is 'n geskenk wat ons ontvang as ons in nederigheid na Hom kom. Die tollenaar het God se geregtigheid deur genade ontvang omdat hy sy sonde erken het. Dit roep ons op om in afhanklikheid en opregtheid te lewe, om geregtigheid en vergifnis van God te ontvang deur geloof.