Efesiers 4:1-7

Datum: 9 Maart 2025 (Oggenddiens)

Prediker: Johan Janse van Rensburg

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

Ons elkeen het ‘n storie, maar ons is ook elkeen deel van ‘n storie. As gelowiges is ons deel van God se storie en God is ook deel van ons storie. Ons behoort ook aan God. Paulus begin hierdie gedeelte met die woord: “Daarom”. Dit is eintlik ‘n uitroep teken vir elkeen wat die brief lees of God se storie ken. Hy wil ons aanspoor om te wees wie ons reeds is. Aanspoor om te lewe soos mense wat aan God behoort.  God kies, roep en stuur elkeen van ons, oud en jonk, vir een groot roeping. Daardie roeping vra van ons om met ons hele lewe te getuig van God se groot liefde en die Goeie Nuus van Jesus. God nooi ons om in woord en daad sy getuies te wees. Hy seën ons ook met spesifieke genadegawes om ‘n groot verskil in die wêreld te maak.