Deutr. 6: 4-9

Datum: 3 November 2024 (Oggenddiens)

Prediker: Chris Barnardo

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

1. Inleiding. Dit is ouers se verantwoordelikheid om hulle kinders groot te maak en om hulle in die weë van die Here te onderrig. Hierdie roeping kan nooit uitgekontrakteer word aan die kerk of die skool nie. God wil hê elke ouer moet ‘n gelowige wees; dus dat elke ouer in ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus sal staan. Dan kan God, deur die ouer, die gesin seën en die kinders tot redding bring en in ‘n verhouding met God laat staan. Daarom gaan ons vanoggend die vraag vra: Is God se Woord in jou hart?

2. Dra God se Woord in jou hart. Ons Skriflesing sê nie net dat ons God se Woord moet lees of memoriseer nie, maar dat ons dit op die hart moet dra. In die 1933 vertaling klink dit so: ..dit moet in ons harte wees. Dit beteken dat ons verhouding met God diep en persoonlik moet wees. Die Here is ons God, die Here ALLEEN moet ons getuienis wees en wanneer God sigbaar in jou lewe is sal God sigbaar wees in jou huis.

3. Dra God se Woord oor in jou huis. Deuteronomium 6:7 vervolg met die opdrag om God se Woord aan ons kinders oor te dra. Dit gaan verder as net kategese of kerkbywoning – dit moet deel wees van ons alledaagse gesprekke.

4. Begin van vroeg af bou aan jou kinders se geloofsfondasie. As God se Woord in ons harte is, sal dit natuurlik ook in ons huise wees. Dit sal ons gesinslewe beïnvloed, van die manier waarop ons met mekaar kommunikeer tot hoe ons uitdagings hanteer. Gesinne wat saam bid en Bybel lees, versterk hul geestelike band en bou 'n fondament wat hulle deur moeilike tye sal dra.

5. Slot. Wanneer ons as gesinne saam groei in ons geloof, bou ons ’n Godgesentreerde huis waar liefde, genade en gehoorsaamheid aan God die kern is. Mag ek vanoggend by die doopouers pleit. Begin om geloofgewoontes aan te kweek. Ontdek saam met hierdie baba van julle die allesoorheersende liefde van die Here.