Genesis 28:10-22
Datum: 23 Julie 2023 (Oggenddiens)
Prediker: Hannes Burger
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
Die Bybel is vol eienaardige karakters.
- En is dit nie wonderlik nie! Ons pas so mooi daar in...
- Maar die een jafel vir wie ek nie ooghare het nie, is Jakob.
- Hy staan nie verniet as “Die Bedrieër” bekend nie.
- Hy ontsien nie eens sy blinde pa en sy tweelingbroer nie!
- En nou tref ons hom aan op pad na Paddan-Aram toe.
- Die waarheid is: Jakob het te ver gegaan. Sy lewe is in gevaar.
- Dis ‘n reis van 800 km. En toe dit nag word, is Jakob letterlik nêrens, op “’n plek”.
- Dis die donker prentjie van iemand wie se verlede hom ingehaal het.
- En daar lê en slaap hy, met sy kop op ‘n klip...
- En net daar gebeur die wonderwerk!
- God kom konfronteer vir Jakob, net soos op die terugreis by die Jabbok.
- Wat is die boodskap van Jakob se droom?
- God is besig met jou, Jakob. Hy het jou nie afgeskryf nie.
- God gee jou die kans om weer te begin.
- Jakob skrik met ‘n skok wakker: Hy besef, jy kan nie vir God vlug nie...
- Die bemoeienis van God met Jakob dwing hom op sy knieë.
- Natuurlik nie eenmalig nie – Daar lê vir Jakob ‘n nuwe pad voor saam met God!
- Maar wat sê dit nou, in 2023?
- Sou ek en jy nie dalk ook kon wens vir so ‘n leer, vol engele nie?
- Jy hoef dit nie te soek nie, want God het reeds na jou toe gekom.
- Dit beteken dat elke plek nou “Huis van God” is.