Lukas13:1-9

Datum: 23 Maart 2025 (Oggenddiens)

Prediker: Johan Janse van Rensburg

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

In 2013 het ‘n vrou met die naam Amy Bleuel ‘n beweging begin wat later sou groei tot die nie winsgewende organisasie, wat ons vandag ken as “Project Semicolon”. Sy het die beweging begin ter ere van haar pa wat sy eie lewe geneem het as gevolg van die druk wat die lewe op hom geplaas het. Die beweging se doel is om "hoop en liefde te bied aan mense wat sukkel met depressie, selfdood, verslawing en selfbesering". Die beweging probeer mense wat op een of ander manier deur ‘n moeilike tyd gaan op watter manier ookal ondersteun en ophelp. Dalk het jy al êrens van die beweging gelees of gehoor of dalk dra jy self die kenteken van die beweging nadat jy deur een of ander moeilike tyd gekom het. Die kenteken van die beweging is ‘n kommapunt.

Daar gebeur elke dag allerhande slegte dinge in ons wêreld. Soms is dit sommer groot rampe wat plaasvind. Nou, in Jesus se tyd was daar mense wat gedink het dat rampe, ongelukke en siektes en die dood alles dinge was waarmee God ’n mens gestraf het. In Lukas 13 kom ‘n groepie mense na Jesus en wil met Hom gesels oor die sonde van mense wat deur slegte dinge gegaan het.

Jesus erken dat dit verskriklik is en draai dan die gesprek deur radikaal anders te reageer as wat daar verwag was. Hy sê dat só iets ook met enige iemand kan gebeur. Daarom moet dit jou oortuig om tot bekering te kom voor só iets ook met jou gebeur. Die gedeelte eindig met die gelykenis van die onvrugbare vyeboom. Jesus wil deur die gelykenis drie dinge duidelik stel:

1.) God werk nie met oorsaak en gevolg nie.

2.) Ons weerloosheid moet ons dring om ons lewe aan God te wy

3.) Die Tuinier pleit by die grondeienaar om ‘n verhaal nie met ‘n punt te eindig nie.