Johannes 3:1-21

Datum: 20 Oktober 2024 (Oggenddiens)

Prediker: Chris Barnardo

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

  1. Inleiding. Jy sal nooit besef hoe lief die Here jou het nie! Jy kyk na jou foute, God kyk na jou potensiaal! En vanoggend hoor ons dit in Johannes 3:16. Hierdie vers verwoord die kern van die Evangelieboodskap – God se onmeetbare liefde vir die wêreld en Sy geskenk van redding deur Jesus Christus.
  2. Die omvang van God se liefde. “...God het die wêreld so lief gehad”. Die “wêreld” verwys na die hele mensdom – ongeag ras, taal, kultuur of status. God se liefde is nie beperk tot ’n spesifieke groep mense nie, dit sluit almal in.
  3. Jesus is die bewys van God se liefde. “...dat Hy se enigste Seun gegee het”. Hierdie geskenk is die grootste bewys van God se liefde. Hy het nie net iets waardevol gegee nie, maar Sy Seun – Jesus Christus – wat self God is.
  4. Jou naam verskyn op die gastelys en jy moet “RSVP”. “...sodat die wat in hom glo”. God se liefde vra van ons 'n reaksie. Die uitnodiging is duidelik: elkeen wat in Jesus glo, ontvang die geskenk van ewige lewe.
  5. Die belofte van ewige lewe. “ ...nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.” Die gevolg van geloof in Jesus is die gawe van ewige lewe. Dit is nie net ’n belofte van die toekoms nie, maar iets wat reeds hier en nou begin.
  6. Slot. Johannes 3:16 is meer as net 'n bekende Bybelvers; dit is die kern van ons geloof. Dit herinner ons aan die waarheid dat God liefhet, gee, red en lewe bring. God roep ons vandag om te reageer op Sy liefde – om Jesus as Verlosser te aanvaar en in die waarheid van Sy liefde te leef.

WELKOM BY DIE NAGMAALSTAFEL