Ef 1:3-14
Datum: 1 Junie 2025 (Oggenddiens)
Prediker: Johan Janse van Rensburg
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
Vriende hoe goed sien jy? Hoe goed let jy op? Sien jy altyd elke keer al die detail in n portret raak? Dit gebeur so maklik dat ons nie altyd alles raaksien of oplet nie. Selfs nie altyd alles onthou nie. Dit is ook waar van ons gelooflewe. Wie kan al die vrae en antwoorde van die Heidelberg se kategismus uit hulle kop onthou?
Hierdie reeks wil ons oë weer oop mask, ons help om weer te sien. Een van die belangrikste dinge wat ons weer moet moet raaksien is, waar begin God se pad van verlossing met ons. As ons dit nie raaksien nie, dan mis ons die belangrikste.
Paulus herinner ons in die gedeelte dat die oorsprong van God se pad met ons, is God self. Dit begin nie by ’n mens nie. Dit begin nie by my geloof, of by my pogings om reg te leef, of by my keuse nie. Dit begin by God.
Die tweede baie belangrike ding wat ons oor God se verlossing moet raaksien, is die fondament waarop dit gebou is. Alles, alles draai om Jesus die Seun van God. Hy’s die fondament van God se wonderlike verlossingspad met ons. Vers 11 sê ook dat dit deur Hom is dat ons die voorreg ontvang om deel van sy volk, sy kerk te wees.
As ons dit sien kan ons nie anders as om God te loof! As die Gees jou oë oopmaak om te sien dat dit God is wat jou gekies het om met jou die verlossingspad te loop, dan kan jy nie anders as om God te loof nie. Dan borrel dit by jou uit, soos by Paulus.
Mag elkeen van ons in hierdie week opnuut deur die rykdom van die Here se Woord gevoed word. Mag ons in ons geloof en ons navolging van Jesus bemoedig en versterk word. Mag die Heilige Gees die diepe waarhede van die Woord aan ons bekend maak, en ons toerus en inspireer om vrug te dra tot eer van die Here en tot uitbreiding van sy koninkryk

