Datum: 29 Oktober 2017
Prediker: Dr. Andries Cilliers (Skrywer)
Herdenking van die Hervorming: 500 Jaar – Opvoering
“ My gewete is gevangene van God se Woord. Ek kan en sal niks herroep nie, want om teen ons gewete op te tree is nog veilig, nog geoorloof. Hier staan ek. Ek kan nie anders nie. God help my. Amen…. “
Met Hervormingsfees vier Protestantse kerke regoor die wêreld die gebeure rondom die Kerkhervorming, vanjaar 500jr gelede, toe Martin Luther op 31 Oktober 1517 sy 95 Stellinge teen die deur van die slotkapel in Wittenberg vasgespyker het.
Op versoek van ons orrelis, het dr Andries Cilliers van Sonstraal-gemeente vir De Eike ‘n reeks moderne sketse, CHRISTUS ALLEEN, vir hierdie besondere geleentheid geskryf. Baie dankie, dr Cilliers, vir jou tyd en insette waarvoor jy geen vergoeding wou ontvang nie. Ons waardeer dit opreg! Die sketse handel oor –
- Sola Scriptura (Die Skrif alleen)
- Sola Gratia (Genade alleen)
- Sola Fide (Geloof alleen)
- Solus Christus (Christus alleen)
- Soli Deo Gloria (aan God alleen alle eer).
Vanweë die opvoering van dié sketse en verskeie musiek- en sangitems, was daar nie ‘n tradisionele preek nie.