Johannes 21: 1–19

Datum: 4 Mei 2025 (Oggenddiens)

Prediker: Chris Barnardo

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

  1. Inleiding. Johannes 21 wys vir ons 'n besonderse ontmoeting – een van herstel, roeping, en liefde.
  2. Jesus verskyn in die alledaagse (v.1–8). Skielik staan Jesus voor hulle. Selfs te midde van hul gewone werk verskyn Jesus. Soms verwag ons dat God net in groot oomblikke sal praat, maar Hy verskyn dikwels in die alledaagse. Verwag dat Jesus in jou daaglikse lewe teenwoordig is, nie net op spesiale dae of in die erediens nie. En meer nog. Jesus voorsien. Glo jy dit?
  3. Jesus voorsien (v.9–14). Jesus se sorg is omvattend: liggaamlik én geestelik. Jesus roep jou nie net om Hom te dien nie — Hy sorg ook vir jou hele wese. Eers die brood en dan die brood van die ewige lewe.
  4. Jesus herstel Petrus se roeping (v.15–19). Wat doen Jesus nadat hulle ontbyt geniet het? Jesus gee vir Petrus weer ‘n geleentheid, ‘n taak sonder enige voorbehoud en verwyt! Wat sê Jesus vir Petrus? "Laat My skape wy." Jesus vertrou vir Petrus met hierdie opdrag.
  5. Slot - Jesus se oproep aan ons. Jesus vra steeds vandag: “Het jy My lief?” Almal word geroep om die vraag te antwoord! “Het jy my lief?” Dit is ons roeping. En hierdie roeping spruit nie uit ons bekwaamheid nie, maar uit ons liefde vir Hom. Dan word ons sy gesante wat die roeping het om die wêreld te gaan verander.