Matt 21:33-46 (2020 vertaling)
Datum: 4 Oktober 2026 (Oggenddiens)
Prediker: Adriaan Vogel
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
Dit voel agterstevoor en onderstebo: Ons leef in 'n wêreld waar dit so maklik gebeur dat iemand die kar voor die perde inspan. Dit wat eens moes dien, bepaal nou. Sommige leef om te werk eerder as om te werk om te leef. Ander gebruik dieselfde tegnologie wat ons bymekaar moet bring om die mense om hulle te ignoreer. Almal weet dis 'n probleem, maar dis die wêreld waarin ons woon. Maar het iets soortgelyk stadig maar seker al in die geloof ingesluip?
Het die Here dit vir jou gegee?: Besluit self waar die klem val. Wees egter versigtig, want dit kan jou hele uitkyk beïnvloed.
Teks agtergrond: Jesus het die bestaande strukture kom ontwrig, soos in die eerste deel van Matteus 21 duidelik gemaak word. Dit is egter nie 'n nuwe boodskap nie. Dit word gebou op grond van Jesaja 5:1-2.
Teks: Matteus 21:33-46
As ek eerlik moet wees, hierdie is 'n moeilike teks: Nie omdat dit spesifiek moeilik is om uit te lê of te verstaan nie. Dit is moeilik omdat elke keer wanneer 'n gelowige dit lees, veral 'n gelowige leier, dan is dit 'n spieël wat opgehou word. 'n Spieël wat vra: “is jy steeds seker oor jou optrede in diens van die Here?”
Toe vang slim sy baas: Jesus lei die “slim” mense van die gebied om hulself vas te praat. Die gevolg hiervan is nie vir hulle aanvaarbaar nie en hulle begin ander planne maak. Maar wat is die gevolge van hierdie planne?
God wys 'n oorvloed genade, maar…: Hierdie teks leef 'n in paradoks. Dit wys die genade van God wat verder gaan as wat dit vir mense logies sou wees. Dit is ook 'n waarskuwing aan elkeen wat vasklou aan hul eie verstaan van wat godsdiens moet wees, sonder om vir God daarin te soek.
Wat is jou wingerd?: Waarmee vertrou God jou?

