2 Petrus 1:3-15

Datum: 21 Julie 2019 (Aanddiens)

Prediker: Hannes Burger

Inleiding: Petrus kom konfronteer ons vanaand met die vraag: Hoe voel jy oor jou Christenskap ?

  • Baie van ons sit hier met die gevoel: daar moet darem meer aan wees.
  • Die Here maak sulke wonderlike beloftes: Vrede en vreugde – waar is dit ?
  • Waar is die krag van die Heilige Gees wat deur ons moet bruis ?
  • Hoekom is dit alles net so vervelig ?

Want dit is ongelukkig wat ons godsdiens geword het …..

  1. Nou is daar seker baie moontlike redes daarvoor.
  • Jy sou selfs ‘n hele paar verskonings kon aanbied.
  • Maar Petrus ken net een rede: Die gemeente verstaan ‘n belangrike deel van Christenskap nog nie.
    • Christenskap is soos ‘n rivier: dit kan nooit stilstaan nie – dit moet groei, ons moet bly werk daaraan.
  • Maar nou kan jy dalk vra: Maar is dit nie soort van God se werk nie ? Dis tog Hy wat die lewe, die groei en die wasdom gee ?
  1. Natuurlik is dit waar: dit IS God se genade wat ons het waar ons is !
  • Hy gee alles wat nodig is om te lewe en Hom te dien.
  • Dis Hy wat ons red en ons laat deel in Sy heerlikheid.
  • Hy stel Hom aan ons bekend, en so word dit alles ons deel.
  • Dis die fondament, die vertrekpunt.
  1. Maar dit beteken nie dat ek en jy nie ook ‘n verantwoordelikheid het nie !
  • Van ons vra Hy om “alles in die stryd te werp”.
  • Ons mag nie op ons louere rus nie.
  • Chris het ons vanoggend herinner aan die atleet.
  • Ons het almal gisteraand gesê: dit was lekker dat ons manne weer met passie gespeel het en gewen het. Dis hoe mens die game speel !
  • Vanaand kom Petrus en sê: Dis hoe mens die game van die lewe moet speel !
  • Werk aan jou Christenskap.
  • So kry ons geestelike diepte. So raak ons Godsdiens bevredigend, lewend.
  • So kry ons toegang tot die Vader.

Kom ons gaan dus voluit vir die Koninkryk van God in ons lewens !

Amen