Psalm 119:9-16

Datum: 23 Augustus 2026 (Oggenddiens)

Prediker: Adriaan Vogel

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

In Johannes 20:30 word daar opgemerk dat al die tekens wat Jesus voor die dissipels gedoen het nie daarin opgeteken is nie. Daar is ’n onmiddellike besef dat om die Bybel te lees is nie net om meer van God te leer nie. Maar wat is dit dan? Terwyl ons daarmee besig is, kan jy dalk vir my sê watter een van die baie vertalings is die beste om te lees.

Hierdie week vier ons Bybelsondag! Dit mag miskien vreemd klink, want is elke Sondag nie bedoel om gefokus te wees op die Bybel nie? Wel, ja en nee. Ja, want elke Sondag se boodskap kom uit die Bybel. Nee, want hierdie is nie net ’n fokus op ’n boodskap vanuit die Bybel nie, maar ’n spesifieke geleentheid om stil te staan by die waarde, bestudering en samestelling van die Bybel.

Tydens hierdie geleentheid gaan ons gesels met die Gideons, kortliks aandag gee aan Bybelkennis en daarna kyk na Psalm 119:9-16, om die vraag te antwoord: “Hoekom lees ons Bybel?”

Lees die teks van Psalm 119:9-16

Waarna soek jy?: In vers 9 kom die kritiese vraag op, “Hoe sal ’n jongmens sy lewenspad suiwer hou?” Dit leer ons iets van die gesindheid wat ons moet hê as ons die Woord van God lees.

Dit borrel oor: Een van die groot foute oor die Bybel is die indruk dat dit ’n reëlboek is wat al jou foute in die kollig wil plaas. In vers 10 en 12 lees ons die presiese teenoorgestelde. Dit getuig van ’n vreugde om te ontdek wat God wil leer.

Lees in afhanklikheid: Selfs nie met al die boeke op al die winkelrakke is dit maklik om die Woord van God te verstaan nie. Dit moet gelees word met ’n houding van afhanklikheid en verwagting.

Koester die Woord: Dit is meer as ’n boek om te leer en ’n teks om te verstaan. Dit is iets wat diep in jou hart leef en jou beeld van jouself begin verander.

Vind vreugde: In vers 13 tot 16 sien ons hoe die Woord van God vreugde bring. Dit is nie iets wat mense weerhou van wat lekker is, of straf as jy net buite die lyn trap nie. Dit lei jou op ’n pad na ’n diep verhouding met God.