Johannes 10:1-10 (2020 Vertaling)

Datum: 26 April 2026 (Oggenddiens)

Prediker: Adriaan Vogel

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

Wanneer die finale uitslae aangekondig word, is hulle toe nie die kenners wat hulle gedink het nie. Dis die ontnugtering wat soveel sportondersteuners ondervind. Deur die week bespreek hulle die spanne, sien elke fout raak wat die blinde skeidsregter mis en het raad vir al die probleme wat die afrigter ervaar. Maar groot is die skok dan wanneer hierdie “kenners” gelukkig is as hulle ten minste die helfte van die wedstryde se resultate reg voorspel.

Ek wens ek kon sê die geloof is vrygestel van hierdie oorvloed van opinies. Maar helaas, is daar min wat in kerke gebeur waaroor daar nie menigte opinies is nie. Elkeen praat met sekerheid, asof hulle die waarste van die waarheid het. So, hoe maak ons seker dat, wanneer elkeen hul geloof aanpak, is ons besig om Jesus se stem te volg? Hoe gaan ons te werk om na God se stem te luister en nie na die stemme wat vir ons wil vertel wat God “eintlik” sê nie?

Inleiding: As ek vandag vir jou sal vra, “Vertel my, wie is Jesus?” waarop sal jy fokus? Is Hy kwaai of gaaf? Is Hy liefdevol of oordelend? Watter verhale sal jy kies om Sy karakter duidelik te maak vir iemand wat Hom nog nie ken nie?

Teks agtergrond: Johannes 10 moet in samehang met Johannes 9 gelees word. Jesus is besig om Sy bediening te vergelyk met die van die ander godsdienstige leiers.

Johannes 10:1-10

Dit klink anders: Die stem van God is veronderstel om anders te klink as die wêreld om ons. Dit klink anders en die wat dit volg stap 'n ander pad na 'n ander destinasie. Wat geloof betref, lei alle paaie nie na Rome nie.

Jesus se balans: Om te begin is dit belangrik om te verstaan dat Jesus nie in een boksie geplaas kan word nie. Ja, daar is genade, maar daar is ook oordeel. Daar is liefde, maar daar is ook aanspreking van sonde.

Daar is slegs een Herder: Jesus onderskei tussen die werke van die Herder en die dief. Dit help ons om te onderskei tussen Jesus se stem en die wêreld se stemme wat soms Jesus probeer omskep in iets wat Hy nie is nie.

Wat help die kerk onderskei: Die Gereformeerde kerke gebruik die Sola’s. Dit help ons om te oordeel of iets vanuit mense se werke kom, of vanaf God.

Daar is vryheid in die beperking (vers 9): Die Herder beskerm die skape in die kraal en laat hulle in die velde wei. Die leiding van God is nie om ons te toets of te beperk nie. Dit is om ons Geestelik te lei en te beskerm.