Lukas 8:22-25
Datum: 10 November 2024 (Oggenddiens)
Prediker: Chris Barnardo
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
- Geredde mense, mense wat vir Jesus as Verlosser bely, is nie gevrywaar van die storms in die lewe nie. Ons bevind ons ook dikwels in die middel van ‘n storm – krisisse, uitdagings, en moeilike omstandighede wat ons geloof toets. Maar die wyse waarop ons in die middel van ‘n storm reageer sê iets oor ons getuienis. Geloofsvertroue is dit wat ons deur krisisse dra.
- Jesus is in die boot, selfs in die storm (vers 22-24). Die werklikheid is egter dat Jesus nooit die boot verlaat nie. Hy is aan boord, en Hy is ten volle bewus van ons situasie. Dit is ’n kragtige les vir ons: Wanneer Jesus ons roep om ’n pad te stap, is Hy saam met ons, selfs al kom daar storms.
- Die toets van geloof (vers 25). Die vraag "Waar is jou geloof?", is 'n uitnodiging om na binne te kyk. Vertrou ons net op God wanneer dit goed gaan, of glo ons werklik dat Hy in beheer is, selfs wanneer die storms om ons losbars?
- Die gesag van Jesus (vers 24-25). Jesus se optrede vul ons met verwondering. Maar ons word veral met verwondering vervul dat Hy, die Seun van God, die dood oorwin het en drie dae later opgestaan het – en dat Hy dit vir my en vir jou gedoen het! Daar is geen storm wat in jou lewe woed wat buite Sy beheer is nie. Hy is ons Redder, ons Verlosser, en Hy kan die storms van jou lewe stilmaak – wanneer dit Sy tyd is.
- Die kernboodskap van hierdie gedeelte is eenvoudig:Jesus is saam met jou in die boot, selfs in die grootste storms. Hy vra jou net een ding: om te vertrou. Dit is nie altyd maklik nie, maar ons kan weet dat Hy gesag het oor elke aspek van ons lewe. Al slaan die golwe en breek die branders, al woed die wind en bruis die see, moet ons die Here vertrou, standvastig in geloof staan en Hom die beheer gee, want Hy is getrou.