Jesaja 55

Datum: 2 Augustus 2026 (Oggenddiens)

Prediker: Adriaan Vogel

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

Wil jy weer daaroor dink?:  Meeste gelowiges is bekend met die vers uit Jeremia 29:11, wat sê, “‘Ja, ek ken die planne wat ek vir julle het,’ is die uitspraak van die Here. ‘Dit is planne van voorspoed en nie teenspoed nie, om aan julle 'n toekoms en hoop te gee.” Dit word op bekers, kussings en kaartjies. Dis 'n boodskap wat mense herinner dat God vir hulle sal lei in 'n toekoms waaroor hulle onseker voel.

Maar wat gebeur wanneer daardie toekoms uiteindelik 'n werklikheid word? Soms voel die gemak van die bekende meer aanloklik as die onsekerheid van 'n belofte wat nog moet waar word. Wat het die volk gekies? Wat sal ons kies?

Sien jy dit nog raak?: Dit is maklik om gewoond te raak aan iets wat eenmaal spesiaal was. Dit kan so eenvoudig wees soos 'n gunsteling lied of kuier saam met familie wat roetine word. Soek jy nog die spesiale oomblikke in elke dag? Wat is die koste as ons dit mis?

Agtergrond van die teks: Hoekom sal die volk wat so lank gedroom het om terug te beweeg na hul eie land skielik begin twyfel oor daardie besluit?

Lees die teks: Jesaja 55:1-11

Sekere goed kan nie gekoop word nie: Die water is gratis, maar mense weeg steeds hul silwer. Die probleem is dat jy daar 'n koste verbond is aan daardie gratis wyn, water en melk. Maar hoeveel duurder is dit dalk om dit te mis?

Selfs die bekende word omgekeer en op sy kop gedraai: God herinner hulle aan die verhouding wat Hy met Dawid gevestig het. Hy nooi hulle om in daardie verbond te staan. Tog is dit wat hulle ontvang anders.

Tussen hemel en aarde: As God se paaie nie ons paaie is nie, hoe moet ons dan die pad daarheen vind?

Wat is die koste?: Om God te volg het 'n koste. Die genade is gratis, maar dit vra ook dat ons daardie nuwe lewe sal omhels. Soms is mense verwonderd deur 'n wêreld wat al hierdie verskillende beloftes het van 'n betekenisvolle lewe. Maar wat is 'n lewe saam met God vir ons werd?