Johannes 2:13-21
Datum: 10 Maart 2024 (Oggenddiens)
Prediker: Chris Barnardo
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
- Inleiding. Verlede Sondag het ons geluister na die menigte mense wat met palmtakke vir Jesus tegemoet gegaan en uitgeroep het: “Prys Hom! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!” ‘n Dag wat so feestelik begin het, ‘n dag volgepak met lofprysing was vir Jesus eintlik ‘n dag van onpeilbare smart: Dit was die dag van die begin van sy leiding en die eerste tree op die pylvak van sy roete na die kruis. Vanoggend ontmoet ons nie vir Jesus op die die rug van ‘n donkie nie. Jesus haas Hom na die tempel. Die plek waar Jesus Sy eie doodsvonnis sou onderteken. Daardie dag toe ‘n storm in die tempel losgebars het.
- ‘n Storm bars los in die tempel. Jesus sien hoe die tempel in oneer gebring word. Binne die huis van God word harwerkende mense uitgebuit en die gulsigheid van die tempel-personeel kan nie ongesiens verbygaan nie. Die tempel-personeel het ‘n aardige bedrag vir geloof ingevorder. Jaar na jaar het dit gebeur. Niks sou verander het as Jesus nie op daardie Maandag so ‘n storm in die tempel veroorsaak het nie. Daardie dag toe die geldwisselaars se tafels en duiweverkopers se stoele net nie meer kon bly staan nie.
- Jesus waag dit tot binne in die vyand se laer. Met die klap van die sweep onderteken Jesus sy eie doodsvonnis. Maar Jesus deins nie terug nie. Die tempel mag nie geken word aan disrespek, wangedrag, korrupsie en uitbuiting nie. Dit waarvoor die tempel staan moet eerbiedig word. God se huis is die plek waar net lof en eer aan die almagtige God gebring word. Toe, skielik, word die naklanke van die lied van die vorige dag weer gehoor. Maar nou is die klanke suiwerder omdat dit deur kinderstemme gesing word. (Matt. 21:15) Maar daar sal altyd ‘n vals noot van êrens af kom want ‘n paar teologie geleerdes waag dit tog om navraag te doen na Jesus se gesag as Messias. Daar is ‘n onregverdige teiken op Jesus se rug.
- Slot. Maar Hy sou die onreg verdra, net soos Hy die skuld van alle mense, tempel-mense en nie tempel-mense – sou dra. Dan sou die woorde uit Psalm 69 waar word: “Die liefde vir u huis verteer My.” Hy word verteer sodat ons kan lewe. Maak plek vir die nuwe Tempel in jou lewe. Vul daardie holte binne jou met Jesus. Wanneer jy dit doen beteken dit dat jy ‘n tempel van die Gees van die Here is. (1 Korintiërs 6:19)