Johannes 6:16-21
Datum: 28 Julie 2024 (Oggenddiens)
Prediker: Hannes Burger
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
Uit die donker, stormagtige nag kom Jesus sy dissipels tegemoet...
- En skielik verander alles!
- En dan sê Jesus: “Ego eimi...” – Ek is – soos 7x in die Johannesevangelie.
- Waarom het Jesus so baie gesê “Ek is...”?
- Dit gaan terug na die dag toe God vir Moses antwoord: “Ek is”.
- Só kies God om Homself aan ons te openbaar.
- Elkeen van Jesus se “Ek is”-uitsprake is ‘n stuk selfopenbaring.
- Want Hy wil hê ons moet Hom leer ken...
- Kyk net watter verskil maak Jesus se selfopenbaring!
- Daar daal ‘n bo-menslike kalmte oor die dissipels neer.
- Hulle situasie verander nie, maar hulle ervaring daarvan wel, want Hy is daar...
- En dis waaroor Koninkrykstyd gaan.
- Die Nagmaal.
- Ook die eenvoudige tekens van die Nagmaal is ‘n selfopenbaring van Jesus
- Deur die Gees gebeur hier ‘n wonderwerk!
- En dit maak al die verskil...