Romeine 13:10-14 AFR20
Datum: 30 November 2025 (Oggenddiens)
Prediker: Chris Barnardo
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
- Inleiding. Paulus skryf oor ’n nag wat ver gevorder het… en ’n dag wat naby is. ’n Nuwe lig. ’n Nuwe bevel. ’n Nuwe oproep. Die Here se stem fluister ook oor die wêreld se donker bosveld: “My kinders, KLAARSTAAN.”.
- Die nag het reeds ver gevorder. Hy bedoel die wêreld is gevul met dinge wat weggesteek is, misleiding en dinge wat jou menswees vernietig. Duisternis is nie net fisies nie - dis geestelik. Die Here sê: Die nag het reeds ver gevorder- staan op. Word wakker. KLAARSTAAN.
- Dit is amper dag. Jy moet KLAARSTAAN nog vóór die lig jou oë bereik. Begin nou om in die lig te leef. Wees nou gereed vir Sy koms.
- Die wapens van die lig. Paulus sê: Trek die wapenrusting van die lig aan. Wat is dit? Die vrug van die Gees.
- Klaarstaan in ’n wêreld vol storms. Wanneer God sê: “KLAARSTAAN,” roep Hy nie na volmaakte mense nie. Hy roep na bereidwillige mense. Om Jesus se lig te dra selfs wanneer die wêreld se nag nog donker is.
- Slot. Die wêreld se nag is donker, maar God se dag is helder, sterker. En Hy roep ons, sy kinders, sy kerk:“ Die nag het reeds ver gevorder. Dit is amper dag. KLAARSTAAN… want Ek kom.” Mag ons dan getrou, wakker en gehoorsaam leef. Nie uit vrees nie, maar uit liefde. Nie uit plig nie, maar uit hoop. Nie uit nood nie, maar uit geloof.

