Matteus 17:20

Datum: 25 Mei 2025 (Oggenddiens)

Prediker: Johan Janse van Rensburg

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

In Matteus 17 sukkel Jesus se dissipels om iets reg te kry wat hulle eintlik moet regkry. Jesus raak dan amper ongeduldig met hulle. Dit is amper asof Jesus hier vir hulle wil vra: “Hoekom kry julle dit nie reg nie? Julle is veronderstel om dit reg te kry”.

 

Dan sê Hy vir hulle dat hulle geloof nie sterk genoeg is nie. Dit is baie maklik om hierdie woorde van Jesus verkeerd te verstaan en verkeerd te gebruik om mense skuldig te laat voel oor hulle geloof.

 

Dit is nie wat Jesus wil doen nie. Hy sê: Al was hulle geloof so klein soos ‘n mostert saadjie sou hulle groot dinge kon doen.

 

Die eintlike probleem is nie die dissipels se geloof nie, maar in wie hulle glo en op wie hulle vertrou. Hulle het gedink dat dit van hulle afgang. Hulle het net op hulle eie krag vertrou, op hulleself staatgemaak en in hulleself geglo. Dit is hoekom hulle gefaal het. Hulle geloof en vertroue lê op die verkeerde plek.