1 Johannes 3:16-24
Datum: 21 April 2024 (Oggenddiens)
Prediker: Chris Barnardo
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
- Inleiding - wat is liefde? Liefde is seker een van die mees gebruikte terme in ons woordeskat. Daar word selfs ’n dag wêreldwyd daaraan gewy as Valentynsdag. Liefde wat net lippetaal is, is nie liefde nie. Liefde op papier is minder werd as die papier waarop dit geskryf staan. En dit is nie hoe ons vir Jesus in die Bybel ontmoet nie.
- Wat is jesus-liefde? Ons ontmoet vir Jesus en leer Hom ken as Jesus wat sy lewe vir ons aflê. Om jou lewe vir iemand af te lê beteken dat jy alles vir die ander persoon gee en doen. Jesus se kruisdood is ’n daad van liefde vir en ter wille van ons. Christus het sy aardse lewe afgelê vir ons. Dit wys as’t ware die vinger na die kruis van Jesus Christus. Dit is die liefde waarvan ons in die Bybel leer. En dit is die liefde waaraan ons as geredde mense geken moet word. Liefde in aksie.
- Hoe klop jou geloofshart? Ons onmeetbare liefde vir Jesus moet sigbaar wees in ons dade. Dit kan nie net lippetaal wees nie. Wanneer jou liefde vir die Here nie uitmond in dade nie, is jy besig met ‘n papier-oefening. Dan is jy net besig om jou gewete te sus. Dit gaan oor die gesindheid en die onbeskryflike liefde vir Jesus waarmee jy dinge doen. Jou leef en doen is die barometer waarmee Jesus se liefde binne jou gemeet word.
- Slot. In hierdie afgelope week het ‘n lidmaat my genader en gevra dat die gemeente na aanleiding van Elmari Schwenke-van der Walt en Maartin Oliver se aanbiedings verlede Sondag, iets moet hoor. Daar moet gehoor word Dat De Eike nie besig is met lippetaal nie. Dat De Eike se liefde in aksie oorgaan. Die Heilige Gees het dit op hierdie lidmaat se hart gedruk om haar hart met julle te deel en daarom is ek gevra om ‘n spreekbeurt toe te staan. Luister vanoggend wat hierdie lidmaat vir julle wil sê. Uit die hart, rou en eerlik.......
Onthou, op papier is liefde niks werd nie. Liefde moet oorgaan in aksie. Dade van genade
KOM ONS LUISTER NA HAAR HART