Hebreërs 12:22-29

Datum: 27 Oktober 2024 (Oggenddiens)

Prediker: Hannes Burger

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

Net meer as 500 jaar gelede vind ‘n hofsaak in Worms plaas.

- En Maarten Luther moet antwoord op die klagtes teen hom.

- Gaan hy die boeke wat hy geskryf het herroep?

- Hier staan ek. Ek kan nie anders nie. Mag God my help. Amen.

- En só begin die Hervorming...

- Die waarheid van die Evangelie is ononderhandelbaar.

 

  1. Maar wat volg nou in ons lewens daarna?

- Wat kom nadat ons uit genade verlos is, deur die geloof alleen?

- In een woord: Dankbaarheid!

 

  1. Die boodskap van die Hebreërskrywer

- Ons het die onwankelbare koninkryk ontvang! Wat nou?

- Nou moet ons dankbaar wees. Dis tog net logies!

- Jou hele lewe moet deur dankbaarheid bepaal word.

- Alles wat jy doen of is moet van eindelose dankbaarheid getuig.

 

  1. Is dit so?

- Weereens staan ek en jy voor daardie spieël.

- Hoe lyk jou dankbaarheid?

- Of het dankbaarheid vanselfsprekendheid geword? Waar is jou passie vir die Here, jou toewyding aan Hom?

- Dankbaarheid wat nie gesien kan word nie beteken niks nie.

- En dit veral omdat ons weet “...ons God is ‘n verterende vuur.”