2 Kor. 13: 11-13
Datum: 4 Junie 2023 (Oggenddiens)
Prediker: Chris Barnardo
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
WOORVERKONDIGING
- Inleiding. Paulus se afsluiting in hierdie brief is die basis waarop ons as gemeente moet voortbou. Dit is die basis waarop ons as gemeente moet fokus. Genade in Jesus as offer, die liefde van God en die gemeenskap met God deur die Heilige Gees. Ons fokus is God drie eenheid en niks anders is ons motivering nie. Dit moet ons aansporing in die gemeente wees want Vader, Seun en Heilige Gees verteenwoordig vreugde, vervolmaking, aanmoediging, eensgesindheid en vrede. Juis daarom wil ek so leef en werk. Maar is dit die werklikheid of is dit net ‘n droom?
- Dwarstrekkery is in Korinte is aan die orde van die dag. Paulus se twee Korinte-briewe bied aan ons ’n waardevolle blik op die vroegste gemeenskappe van Jesus-volgelinge, en van ’n gemeente wie se lewe saam ’n mengsel van verwarring, kleinlikheid en ambisie was, gekombineer met entoesiasme en ywer. Die gemeente in die stad Korinte was in ’n komplekse en gesofistikeerde stedelike omgewing geleë. Die lidmate het uiteenlopende idees gehad en hulle fokus het verskil. En wanneer God drie eenheid nie meer die fokus is nie, spat die gemeente uitmekaar. Wat kan ons hieruit leer?
- Hoe lyk De Eike se landskap? Ook vir ons is die oproep tot eensgesindheid en vrede tussen Christene onderling tydig en belangrik. Vanoggend se teks praat met elkeen van ons. Behou die fokus. Fokus op die basis waar om alles in die gemeente moet wentel. Paulus noem hier 5 kritiese dinge van gemeentewees. Blydskap, strewe na geestelike volwassenheid, aanvaarding van vermaning, om eensgesind te wees en in vrede te leef. Dan eers sal die volgende belofte sigbaar in die gemeente wees.
VERS 11B.
EN DIE GOD VAN LIEFDE EN VREDE SAL BY JULLE WEES