1 Konings 19:9-18 (2020-vertaling)
Datum: 9 Augustus 2026 (Oggenddiens)
Prediker: Adriaan Vogel
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
Dit is iets onbeskryflik om ’n wonderwerk te ervaar. Dit kan ’n persoon se hele uitkyk op die lewe verander as die onmoontlike moontlik word. Kan ’n mens dan anders as om ’n nuwe uitkyk op die lewe te hê wanneer jy ervaar het dat die Here ingegryp het?
Hierdie is nie ’n retoriese vraag nie. Kan ’n mens net met jou gewone lewe aangaan nadat jy die handewerk van God eerstehands beleef het? Dit is die vraag wat Elia moet antwoord ná die oorwinning oor die profete van Baäl op die berg Karmel.
“Vorming” of vermomming: Wanneer ons God naby wil voel, laat ons Hom toe om ons te vorm, of vermom ons net onsself in wie ons glo ons moet wees?
Van feesviering na vlugteling: Elia het die harte van die mense weer laat draai na hulle God. Maar die oorwinning was van korte duur. Sy vervolging het weer begin en hy moes vlug.
Lees die teks van 1 Konings 19:9-18.
Wat maak jy hier?: Elia se pad saam met God het gelei na wonders. Nou het dit egter weggelei na vêr van die oorwinning. Hier konfronteer God hom met ’n belangrike vraag: “Wat maak jy hier, Elia?”
Een van die belangrikste vermoëns: Deur hierdie verhaal sien ons hoe Elia leer om na God te luister. Om raak te sien waar God is, moes Elia leer om te …
Hoekom is die “groot” so spesiaal?: Die groot oomblikke kon maklik vir Elia van die spoor afgelei het. Hy het egter die vermoë gehad om te onderskei waarvan God deel is. Maar hoekom is die groot oomblikke in die geloof en lewe so spesiaal?
’n Tweede kans: Ná die wonders vra God ’n tweede keer vir Elia dieselfde vraag: “Wat maak jy hier, Elia?” Het hy God nou nader gevoel? Het dit ’n nuwe insig gebring?
Wat gaan dit vir ons neem?: Soms is selfs ’n wonderwerk nie eens genoeg om mense te oortuig dat God in beheer is nie. Hulle sien hulle eie pyn en ongemak en gee eerder op. Waar stap jou pad saam met God?

