Romeine 8:12-15
Datum: 26 Mei 2024
Prediker: Hannes Burger
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
Almal is altyd opgewonde daaroor dat ‘n kleintjie sy eerste woord moet sê!
- Want om jou naam te sê, vertel van ‘n verhouding.
- Agter dit wat ons mekaar noem, sit ‘n unieke, kosbare verhouding...
- Wat sit agter Romeine 8:12-15?
- En so ‘n verhouding val maar net uit die lug nie! Dit het ‘n geskiedenis.
- Dis hoekom Paulus hier begin: “Daarom dan...”
- Die verhouding het begin toe God se Gees in ons kom woon het.
- En dit verander jou hele lewe!
- Dit plaas ons onder ‘n verpligting...
- Paulus beskryf jou elders as “‘n nuwe skepping”. Alles is anders!
- En daarom, sê Paulus, staan ons onder ‘n verpligting.
- Dit klink darem nie lekker nie...
- Maar maak dit sin om die beheer oor jou lewe so totaal en radikaal af te gee?
- Dis mos nie logies nie – maar in ‘n verhouding is alles mos nie logies nie!
- Dis nie ‘n rasionele iets nie. Dis net ‘n wonder.
- En dit oorweldig my opnuut aan die tafel van die Here...