1 Kor.3:5-9

Datum: 14 Mei 2023 (Oggenddiens)

Prediker: Johan Morkel

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

Inleiding: Wie van julle het ’n groentetuin by die huis?

  1. Kom ons begin ‘n groentetuin by die kerk.
  • Wat is die eerste ding wat ons moet hê om met die groentetuin te begin?

Ons moet groentesaad hê om te saai!

  1. Paulus sê dit werk in ons geloofslewens dieselfde as met ‘n groentetuin.
  • Paulus het in elke stad waar hy gekom het die boodskap van Jesus gesaai, ook in die stad Korinte.
  1. Elkeen van ons het vir ‘n eerste maal van Jesus gehoor. Iemand het vir die eerste maal die Boodskap van die Bybel in jou hart gesaai!

3.1.   Wie het vir jou die eerste maal van Jesus vertel?

  • In die meeste gevalle was dit ons mamma. Sê na die diens vir ma baie dankie dat sy die Woord in jou hart gesaai het.
  • En sê ook vir pappa dankie, hy het ook baie vir jou geloofsplantjie gedoen!
  1. Is dit al wat mens moet doen om ‘n groentetuin te maak?

Nee, mens moet die tuin gereeld natmaak.

4.1. Paulus sê dieselfde gebeur met ons geloof. Hy het nooit lank in ‘n stad gebly nie,

daarom het Apollos die Boodskap van Jesus wat Paulus gesaai het, natgemaak.

4.2. Die Boodskap van Jesus wat in ons harte gesaai is, moet ook natgemaak word.

  • Ons ouers en mense van die kerk maak ons kinders se geloofsplantjies natmaak.
  • Ons is ook verantwoordelik vir die natmaak, die versorging van mekaar se geloof!
  1. Paulus sê op die ou end: God het laat groei!

5.1. Ons moet altyd onthou, ons saai die boodskap van Jesus en ons maak die

geloofsplantjies nat, maar dit is God alleen wat groei in ons geloofslewens bewerk!