Psalm 119: 105-111

Datum: 27 Augustus 2023 (Oggenddiens)

Prediker: Chris Barnardo

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

  1. Inleiding. Meeste van die tyd is die lewe totaal en al ‘n fees. Maar dan kan ander dae weer regtig donker wees: ‘n Tyd van seer, of verlies, of die gevoel dat ons op een of ander manier die pad byster geraak het. En dit is in daardie donker tye, wat ons dikwels nie weet watter kant toe nie.Ons was al almal daar.

Psalm 119 is die langste hoofstuk in die Bybel. Dit is geskryf deur ‘n man wat baie moeilike, en baie donker tye beleef  het… en die hele Psalm is sy gebed tot God. Is dit nie genade onbeskryflik groot nie? ‘n Lamp vir ons voete, sodat ons kan afkyk om te sien waar ons die volgende tree op hierdie rotsagtige pad moet neem.

  1. Die woord van die Here is ons lig op ons lewenspad. In vers 105 bely die psalmdigter dat, “U woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my lewenspad.” Ons almal weet, dat ’n mens in die donker ’n lig nodig het om te sien waar jy moet trap sodat jy nie struikel en val en moontlik seerkry nie. ’n Lig laat jou in die donker sien. Dit wys vir jou die pad  aan. Hoeveel te meer nie die woord van God nie?
  2. Die woord van die Here beskerm ons. In vers 107 bid psalmdigter dat die Here sy verhouding met Hom sal herstel, dat die Here hom volgens Sy beloftes sal beskerm. En terwyl die Here sy gees vernuwe, bied hy in vers 108, ’n lof-offer aan tot eer van die Here en belowe hy om hom te hou aan Sy woord. Hierdie offer is uit dankbaarheid, omdat die Here hom gered het van die nette van die goddeloses.
  3. Die Here se woord is die bron van ons blydskap. In vers 111 bevestig die psalmdigter dat hy die bepalings van die Here as blywende erfporsie ontvang het. Hierdie wete maak hom gelukkig, dit is vir hom ’n vreugde in sy hart.
  4. Samevatting. Die psalmdigter het vanoggend aan ons kom bevestig dat die woord van die Here ons daagliks rig en beskerm. Hy het ons verder ook daarop kom wys dat die woord van die Here die bron van ons vreugde op ons lewenspad is. Deur die “woord (tôr?) van die Here” te onderhou, dit te bestudeer, deel te maak van ons lewens én daarvolgens te leef, maak dat ons die erfporsie wat God aan ons gegee het sigbaar met blydskap in die wêreld vertoon. Wat ’n voorreg, wat ’n genade, om hierdie lewendgewende Woord in ons eie hartstaal te mag hoor.