Efesiërs 1:15 - 20
Datum: 8 Februarie 2026 (Oggenddiens)
Prediker: Ds Johan Morkel
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
Inleiding:
Die professor kon nie lekker sien nie ...
- Paulus praat in hierdie gedeelte van “geestesoë”.
- Met ons geloofsoë sien ons die geloofswerklikheid anderkant die sigbare werklikheid. Ons sien die Koninkryk van God.
- Die gelowiges in Efese se geloofsoë het agteruitgegaan - om watter rede ookal. Dit kan ook met ons gebeur.
Dit kan gebeur dat ons deur ons gewone oë vaskyk teen:
- die materiële, die rykdom van hierdie wêreld. En dan begin ons lewe volgens dit wat ons sien - hierdie lewe. .
- die stukkendheid en gebrokenheid van hierdie wêreld. So word ons moedelose, uitsiglose mense, mense sonder ‘n roeping.
- Paulus se raad is: Hy bid vir die verheldering van ons geloofsoë.
- Paulus sê voorts wat ons sal sien as ons geloofsoë verhelder is.
- Ons sal sien “watter hoop ons roeping inhou.” Ons sal almeer ontdek waarvoor die
Here ons op aarde geplaas het, wat ons roeping is.
- Ons sal sien “watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat die Here vir die gelowiges bestem het.” Ons sien verby hierdie wêreld, verby die graf, ons sien die ewige lewe.
- Paulus bid laastens dat ons met verhelderde geestesoë “sal sien hoe geweldig groot die krag is wat God uitoefen in ons wat glo.” Ons sal die krag sien waarmee die Here in ons lewens en in die wêreld aan die werk is.
- Ons kan Paulus se gebed ook op die Doop van toepassing maak.

