Psalm 8:1-5

Datum: 6 Oktober 2024 (Oggenddiens)

Prediker: Chris Barnardo

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

  1. Inleiding. Wanneer ons aan God dink – die Skepper van die hemel en die aarde – behoort ons in verwondering te staan. Ons verstaan van God se grootheid en Sy nabyheid is iets wat ons verstand te bowe gaan.
  2. God is groot en magtig!. In Psalm 8 verwys Dawid na die hemelruim en die sterre as bewys van God se grootheid. Hy sê dat as hy opkyk na die hemel, hy die werke van God se hande sien. Die omvang van die skepping laat ons klein en nietig voel. Dit herinner ons daaraan dat God veel groter is as enigiets wat ons kan begryp. Elke sonsopkoms, elke ster, en elke lewende wese wat Hy gemaak het, herinner ons en roep ons tot verwondering en aanbidding want God is naby ons.
  3. God is naby ons. Terwyl God so groot en almagtig is, herinner Psalm 8 ons dat Hy ook persoonlik na ons omsien en in ons lewens teenwoordig is. Hierdie waarheid behoort ons in verwondering te bring: die Skepper van die heelal het ‘n persoonlike belangstelling in jou en my! Hierdie wete dring my tot onvoorwaardelike oorgawe en vertroue in die Here.
  4. Verwondering bring oorgawe en vertroue. As ons besef hoe groot God is en hoe onbeskryflik Sy onverdunde liefde en omgee vir ons, kan ons Hom volkome vertrou met ons lewens. Verwondering oor God verander jou lewe. Dit inspireer ons om te reageer.
  5. Hoe reageer ons wanneer ons in verwondering voor God staan? Ons verwondering oor God kan nie passief wees nie. Dit moet ons dryf om aktief te lewe in aanbidding en gehoorsaamheid. Ons word geroep om God te verheerlik met ons woorde, ons dade, en ons lewens.

6. Slot. Om in verwondering voor God te staan, is ‘n lewe van eerbied en respek, oorgawe, en aanbidding. Dit is om te erken dat Hy so groot is dat ons nooit Sy volheid sal begryp nie, maar dat Hy ons nog steeds ken en liefhet.