2 Timoteus 2:8-15 AFR20
Datum: 12 Oktober 2025 (Oggenddiens)
Prediker: Chris Barnardo
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
Inleiding.
Die Padkos boodskap van verlede Maandag was: “Vergeet om te vergeet, onthou om te onthou”. Vanoggend se tema is: ONTHOU JESUS, JOU HOOP, JOU KRAG, JOU WAARHEID. Paulus herinner vir Timoteus: “Onthou Jesus Christus.” Nie net die leer oor Jesus nie, maar die lewende Here self — opgestaan, getrou, oorwinnaar.Onthou...
Onthou. Hy is uit die dood opgewek — dus het Hy oor sonde en dood geseëvier. Hy is uit die nageslag van Dawid — die beloofde Messias, God se plan in vervulling.
Hierdie twee waarhede bring balans:
- Sy menslikheid wys dat Hy ons verstaan.
- Sy opstanding wys dat Hy die mag het om ons te red.
Die evangelie bring lyding (verse 9–10). Paulus sê: “Ek ly swaar … maar die Woord van God is nie gebind nie.” Getroue Christene leef nie vir gemak nie, maar vir Christus.
“As ons saam met Hom gesterf het…sal ons ook saam met Hom lewe” (verse 11–13). Paulus haal ’n vroeë Christelike lied of geloofsbelydenis aan. Hierdie woorde herinner ons aan ons doop en aan ons identiteit:
- Ons het saam met Christus gesterf en die ou lewe van sonde agtergelaat.
- Nou leef ons met Hom in ‘n nuwe lewe.
God bly getrou selfs as mense wankel. Ons geloof mag soms swak wees, maar Sy getrouheid verander nie.
“Sny die woord van die waarheid reg” (vers 14–15). Paulus waarsku teen ‘n stryd oor woorde — nuttelose argumente wat net twis bring. In plaas daarvan moet elke gelowige ’n betroubare arbeider wees.
Slot. Wat hoor ons vanoggend? Die boodskap aan Timoteus is vandag nog vir ons geldig:Onthou Jesus: Jou geloof is jou fondament.

