Handelinge 2: 14, 22 – 32, 37, 42, 44, 46 – 47

Datum: 16 April 2023

Prediker: Chris Barnardo

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

  1. Inleiding. Hy was ’n visserman wat met vuil growwe hande elke dag sy brood verdien het. Ons het hom leer ken as ‘n persoon met ’n robuuste persoonlikheid. Maar eintlik sal ons hom onthou as die verraaier. Die haan se gekraai het hom en vir ons elke keer daaraan herinner. Die verraaier! Dit is dieselfde Petrus wat nou opstaan, nee dit is nie dieselfde Petrus nie. Die Heilige is aan die woord en Petrus net die kanaal en hy kyk hulle met ’n vasberadenheid, propvol entoesiasme in die oë en gee die Heilige Gees vrye teuels. En dan, dan begin Petrus preek.

 

  1. Die Jode was met ontsag gevul. Petrus sluit af en sê: God het hierdie Jesus uit die dood laat opstaan; daarvan is ons almal getuies. Met die aanhoor hiervan(vers 37) was die mense diep getref en het hulle vir Petrus en die ander apostels gevra: “Wat moet ons doen?” Kort en kragtig antwoord Petrus: Bekeer julle en doop julle in die naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.

 

  1. En ons? Wat moet ons doen?
  • Gaan en glo. Hulle het elke dag getrou by die tempel bymekaargekom. God het vir Jesus uit die dood laat opstaan. Elke Sondag begin by die leë graf en die nuwe lewe wat ’n vuis vir die dood wys. Glo dit en leef ’n onbeskryflike opwindende lewe wat gevul is met die Heilige Gees.
  • Gaan en sê. Hulle het van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou en God geprys.  (vers 46 en 47). Vertel wat jy sien en beleef. Stap hier uit vanoggend en gaan sê wat die Heilige Gees op jou hart gedruk het.
  • Gaan en leef. Wat het die mense gedoen nadat hulle gedoop is? Almal was eensgesind en het alles met mekaar gedeel. Hulle het hulle kos met blydskap en in alle eenvoud saamgeëet. Keer terug na die plek waar julle altyd saam is. Stap die pad saam met Jesus. Onthou Sy dade, Sy woorde, Sy beloftes. Leef in die voetspore van Jesus.

 

  1. Slot. Wanneer die Heilige Gees jou vanoggend met ontsag vul sal jy hierdie drie dinge onbeskaamd doen:

Gaan en Glo, Gaan en Sê, Gaan en Leef, want God het vir Jesus uit die dood opgewek. En dit laat ons opgewonde, gemotiveerd, veranderd. En die Here sal elke dag mense wat gered word, by die gemeente voeg.