Joël 2:28-29
Datum: 5 Mei 2024 (Oggenddiens)
Prediker: Hannes Burger
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
Wat is die belangrikste feesdag op die kerk se kalender?
- Kersdag dalk, of Goeie Vrydag, of dalk Paasmôre of Hemelvaart?
- Dis alles immers lankal voorspel, en gevier.
Maar waar pas Pinkster in? Dit word nie altyd so hoog aangeslaan nie.
Maar ook Pinkster kom van ver af: dis ook al deur die profete voorspel.
- Daarby is dit ook ‘n fees wat die Jode al van vroeg af gevier het.
- En net soos die Paasfees, nie maar toevallig nie...
- Want Pinkster was die oesfees – en dit sê vir ons iets ook Pinksterdag.
Die oes was die oomblik waarop die Jood se hele jaar afgestuur het.
- Die voorbereiding van die land, die saaiery, die versorging het hierop afgestuur.
- Dit was die absolute vreugdevolle hoogtepunt van ‘n jaar se arbeid!
- Pinkster is nie sommer toevallig nie, dis waarop alles afgestuur het!
- Dis die hoogtepunt wanneer God vir ons God-in-ons word.
En dít gaan ek en jy van volgende week af vier...