Lukas 14:15-24

Datum: 4 Augustus 2024 (Oggenddiens)

Prediker: Chris Barnardo

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

  1. Inleiding. In die koninkryk van God word afsprake ook gekanselleer en hierdie gelykenis is 'n illustrasie van die uitnodiging wat God aan elkeen van ons rig om deel te wees van Sy Koninkryk. Maar dan hoor ons die verskonings....
  2. Jammer maar.... In verse 18-20 lees ons hoe die genooides een vir een begin kop uittrek met belaglike verskonings. Verskonings wat mense terughou van die koninkryk van God – besittings, werk, verhoudings. Dit is so maklik om wêreldse dinge hoër te ag as ons verhouding met God.
  3. God se gasvryheid strek verder as wat ons ooit kan dink. God se uitnodiging is nie beperk tot die wat aanvanklik genooi is nie. God se genade reik uit na almal, veral die randfigure, die mense wat uitgesluit is in die samelewing. Mense wat nêrens gereken word nie. Mense wat oral veroordeel word. God het vir hulle ook plek gemaak.
  4. Slot. Hierdie gelykenis herinner ons aan die wonderlike uitnodiging wat God aan ons almal rig om deel te wees van Sy koninkryk. Laat ons nie vasgevang raak in verskonings en wêreldse beuselagtighede nie, maar dat ons eerder met blydskap en dankbaarheid hierdie uitnodiging aanvaar.

 

RSVP!