Nehemia 4

Datum: 19 Julie 2026 (Oggenddiens)

Prediker: Adriaan Vogel

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

Mense gaan altyd hulle opinies hê. Daar het selfs ’n spreekwoord ontstaan wat sê: “Geen goeie daad bly ongestraf nie.” Dit is dalk ’n bietjie te negatief vir my smaak, maar ek moet erken dat ek al baie keer beleef het hoe selfs goeie dade erge kritiek kan uitlok.

Dink maar daaraan: van iemand wat honger mense kos gee tot iemand wat ’n boemelaar in die kerk verwelkom. Selfs wanneer mense iets goed probeer doen, is daar altyd iemand wat iets daaroor te sê het.

Maar wat maak ons met daardie kritiek wanneer dit ons begin moedeloos maak? Hoe keer ons dat ander mense se opinies en negatiewe woorde ons daarvan weerhou om aan te hou doen wat reg is?

Dit is waaroor ons tydens hierdie week se boodskap nadink, terwyl ons saam lees uit Nehemia 4 in die 2020-vertaling