Jakobus 3:13 – 4:3, 7-8a

Datum: 22 September 2024 (Oggenddiens)

Prediker: Hannes Burger

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

Wat is die grootste probleem in die kerk?

- Ek het die week ‘n besoeker gehad.

- Sê nou hy vra wat die grootste probleem in De Eike is?

- Want een ding is seker: die kerk in die breë het probleme.

- Is dit die dominees? Of die kerkraad? Of ons manier van doen?

- Dalk moet ons oppas vir maklike antwoorde, wat die blaam verskuif...

 

  1. Wat sê Jakobus?

- Jakobus sê reguit: Die grootste probleem in die kerk is... SELFSUG!

- Kan dit wees? In die kerk?

- Die duiwel weet dis sy grootste wapen teen die kerk.

 

  1. Hy is seker nie ernstig nie!

- Maar hoe is dit moontlik? Dit skreeu mos teen ware kerk-wees!

- En tog bly die ou mens in ons smag na heerskappy.

- ‘n Duidelike teken hiervan: ons selfsugtige gebede.

 

  1. Wat is die oplossing?

- Moet ons maar vrede maak hiermee? Waar begin jy om dit te beveg?

- Jakobus sê: Dit begin by jou.

- Onderwerp julle aan God. Nader tot God...

- Die tyd is nóú...

- Gelukkig is jy nie alleen in hierdie stryd nie!