Nehemia 1:4-11 (2020 Vertaling)
Datum: 28 Junie 2026 (Oggenddiens)
Prediker: Adriaan Vogel
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
Wat hoor jy?: Het jy al ooit met iemand gepraat en agtergekom dat daardie persoon meer besig is met 'n toespraak as met 'n gesprek? Hulle praat met jou, maar wanneer hulle moet luister, is hulle reeds besig om te dink wat hulle volgende vir jou gaan sê, eerder as om werklik te hoor wat jy sê. Soms is dit die bedelaar wat nie "Ek het nie vandag geld nie" as 'n antwoord wil aanvaar nie. Ander kere is dit 'n kind wat nie wil hoor dat hulle nie by hulle vriende kan gaan kuier nie, of selfs 'n baas wat reeds besluit het dat dit nodig is om oortyd te werk.
Dis deel van ons menslike gebrokenheid. Maar hoe benader ons gebede? Onthou ons dat ons in 'n gesprek met God besig is, of is ons so gefokus op die volgende saak waarvoor ons wil bid dat ons vergeet om vir 'n oomblik stil te bly en te luister? En verstaan ons dat gebede is nie net om vir die Here te vra om in die wêreld 'n verskil te maak nie, maar ons te lei om daardie verskil in die wêreld te wees. Al is dit ook hoe moeilik
Teksagtergrond: Israel het reeds uit die ballingskap teruggekeer, maar die hartseer is nog nie verby nie. Die mure van Jerusalem lê steeds in puin, en sonder die mure kan die stad nie werklik weer opgebou en herstel word nie. Die saak lê Nehemia na aan die hart, en hy wil die koning van Persië, vir wie hy as skinker dien, vra om toestemming te gee dat hy hierdie taak kan aanpak.
Teks: Nehemia 1:4-11 bevat Nehemia se gebed waarin hy God se leiding vir hierdie taak vra.
Wat is roeping?: Hierdie is 'n voorbeeld van hoe gebed nie net 'n versoek aan God is nie, maar 'n ontmoeting tussen roeping en reaksie. Wat beteken dit om deur God geroep te word? Wat beteken dit om te leef vir meer as om goeie werke te doen?
Waar om te begin?: Dink weer oor die gebed. Nehemia weet dat Jerusalem nie kan floreer as die mure nie herbou word nie. Maar is dit waarmee hy sy gebed begin?
Waar om te vat en waar om te laat gaan: Daar is sekere goed wat binne ons beheer is en ander wat net aan God oorgegee kan word.
Dit is die laaste woord, maar nie die laaste aksie nie: Wanneer die gebed met "Amen" eindig, is dit nie bedoel om die einde van die gebed te wees nie. Dan begin die verantwoordelikheid om die pad te stap wat God aanwys.

