Deuteronomium 6:4-9; Efesiërs 6:4; Spreuke 22:6
Datum: 6 April 2025 (Oggenddiens)
Prediker: Chris Barnardo
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
Ouerskap is ’n verantwoordelikheid wat veel verder strek as bloot die versorging van ’n kind se fisiese behoeftes. Hoewel kos, klere en ’n veilige omgewing onontbeerlik is, is geestelike leiding net so noodsaaklik vir ’n kind se gesonde ontwikkeling. Daarom wil ek vra dat ons sal stilstaan en kyk na die belangrike roeping wat gelowige ouers het om hul kinders vir die Here lief te maak. Ouerskap is nie net 'n natuurlike rol nie, maar 'n geestelike verbondsverantwoordelikheid wat toegewyde dissipelskap vereis.
Deuteronomium 6:4-9 herinner ons daaraan dat die Here 'n verbond met Sy volk gesluit het. Ouers het die taak om hierdie verbond te onderhou deur God se gebooie aan hul kinders oor te dra en as gesin uit te leef. Tog word ons in die Bybel daaraan herinner dat ons ons kinders nie moedeloos moet maak nie.
Wanneer ouers toegewy is aan hul verbondsverantwoordelikheid, skep hulle 'n kultuur van geloof in die huis waar kinders God se liefde en genade kan ervaar. Dit is nooit te laat om die regte dinge reg te doen nie. Begin deur saam te bid en saam die Bybel te lees.
Ouerskap sonder gebed en God se Woord is soos 'n skip sonder 'n roer. Spreuke 22:6 leer ons: "Leer 'n kind van sy kleintyd af die regte pad, en hy sal nie daarvan afwyk as hy oud is nie."
Dit is 'n voorreg en 'n groot roeping om kinders op die Jesus-manier te voed. Laat ons as ouers hierdie roeping met ywer en geloof aanvaar, wetende dat God ons die genade en wysheid sal gee om dit getrou uit te leef.