Jona 3:1-5, 10
Datum: 21 Januarie 2024 (Oggenddiens)
Prediker: Chris Barnardo
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
- Inleiding. Wat is die doel van vanoggend se Skrifgedeelte? Hierdie Skrifgedeelte het ten doel om die grootheid van God se liefde vir alle mense, Jood en nie-Jood, te openbaar. God wat sê dat Hy mense gaan vernietig en wanneer hulle in rou wegdraai van die sonde af, Hy Homself oor hulle ontferm. Ons kan gerus hieruit leer dat ware berou in gebed God se aandag trek.
- Vandag is ’n goeie 2024 begin. Om weg te draai van ons verkeerde voetpaaie en morsige gewoontes en te kies om God se wil te leef. Almal van ons het al verkeerd gedoen in die oë van die Here. Nie een van ons ontken dit nie.Daarom is bekering nodig in ons lewens. Tog wil ek vanoggend ’n vraag vra: Verander enige van hierdie dinge werklik God se denke?
- Dit is nie God wat moet verander nie, ek moet verander! Jona het die punt gemis. Jona het oordeel gehoor toe God genade bedoel het. Dit was nooit God se bedoeling dat Nineve vernietig word nie. Dit was God se wil dat die Nineviete die noodsaaklikheid aan bekering besef. In eenvoudige terme beteken bekering om anders te begin leef. Dit beteken om volgens God se wil te leef. Hierdie sentiment is die draad wat deur die hele Bybel geweef is. Lees Jona se verhaal in die lig van Johannes 3:17 oor Jesus se doel om na die wêreld te kom. “God het immers nie sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom verlos kan word.” Dit is altyd God se wil, van die Ou- tot die Nuwe Testament. Ons God wat ons behoeftes ken en wie se wil altyd tot sy kinders se beswil gerig is.
4. Slot. God se liefde vir ons is onveranderlik. Dit is ons wat moet verander. Dit was nie God wat 'n verandering van denke nodig gehad het nie, maar Jona. Dit is waarna ek en jy moet streef, in biddende afhanklikheid, om ons lewens in harmonie met God te bring sodat sy plan ons plan kan wees.