Kolossense 4:2-6 AFR20 (Bladsy 265)

Datum: 23 November 2025 (Oggenddiens)

Prediker: Chris Barnardo

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

  1. In ’n wêreld waar opinies skree en waar tyd skaars geword het, kom Paulus se woorde soos ’n sagte briesie op ‘n warm Kaapse somersmiddag, maar tog met ‘n dringende herinnering: “Volhard in gebed, wees waaksaam en dankbaar as julle bid…” (Kol. 4:2)

 

  1. Bid met volharding – Die asemhaling van geloof. Drie klein frases wat die hart van ’n groot geloof vorm: Volhard. Waaksaam. Dankbaar. Gebed is nie ’n transaksie nie, dis ’n verhouding. Nie ’n wenslysie vir seëninge nie, maar ’n lewenslyn van afhanklikheid. Wanneer jy bid, skuif die fokus van wat jy wil hê-na Wie jy leer ken. God meet nie jou geloof aan die lengte van jou gebed nie, maar aan jou volharding.Hy hoor,... selfs wanneer jy sug en swaarkry. Hy antwoord, selfs wanneer jy wag. En Hy werk, selfs wanneer jy dit nog nie sien nie.

 

  1. Bid vir oop deure – God se deure, nie net ons s’n nie. Wanneer ons begin bid vir God se deure, verander iets binne-in ons: Ons kyk anders na mense, ons hoor die honger in hulle woorde, ons raak sensitief vir daardie stil oomblikke waar die Gees fluister: “Nou is die deur wawyd oop, nie op ‘n skrefie nie - stap deur.”

 

  1. Wandel met wysheid – Leef soos sout in ’n smaaklose wêreld. Geloof wat nie sigbaar is nie, verloor sy geur. Ons leef in ’n tyd waar mense nie meer baie luister na wat Christene sê nie-maar hulle kyk fyn na hoe ons leef. Jou lewe praat harder as enige preek.Die vraag is: Wat sê my lewe oor die God wat ek dien? As die wêreld jou lewe sou lees soos ’n boek, sou hulle iets van God se liefde daarin ontdek?

 

  1. Praat met genade – Woorde wat genees, nie verwond nie. Paulus eindig sy brief met iets wat in vandag se wêreld besonder nodig is: Hoe ons praat. Nie wat ons sê nie MAAR hoe ons dit sê!

 

  1. Paulus se woorde roep ons terug na die kern van geloof: om stil te wees voor God, wys te leef tussen mense, en genadig te praat in elke gesprek.