Markus 10:46–52

Datum: 18 Januarie 2026 (Oggenddiens)

Prediker: Adriaan Vogel

“Vir ‘n video opname van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

“Hoekom is jy vandag hier?”

Dis ’n vraag wat ek al gereeld aan belydenisklasse gevra het. Op hulle gesigte kon jy sien dat party vir die eerste keer daaroor dink, ander presies weet, en sommige net die “regte” Sondagskool-antwoord soek. Die antwoorde het ook gewissel, van “om van Jesus te leer” tot die eerlike “my ouers het besluit”.

Hoekom maak dit saak? Omdat jy kry waarvoor jy kom soek. As jy net daar is uit plig, gaan jy bloot aanwesig wees. As jy wil leer, gaan jy luister, vrae vra en groei.

Daarom wil ek vandag ’n soortgelyke vraag vir jou vra. Hoekom wil jy meer van God leer? Hoekom lees jy die Bybel en luister jy na preke? Is dit net sodat jy meer van God kan weet, of sodat jou lewe deur Hom gevorm kan word?

Agtergrond van die teks: In Markus 10:46–52 stap ’n groot skare agter Jesus aan, nuuskierig oor sy boodskap van genade en verlossing. Maar wanneer ’n blinde bedelaar na Hom roep, probeer hulle hom stilmaak.

Bewegingsmomente

  1. Wie is God vir jou?
    Die manier waarop jy God sien, bepaal hoe jy Hom soek en hoe jy jou geloof uitleef.
  2. Hoor jy die geroep na God? (Verse 46-48)
    Om in Jesus se spore te loop, is meer as om net na Hom te luister. Dit vra dat ons ook die geroep hoor van ’n wêreld wat Hom nodig het.
  3. Sal jy deelneem? (Verse 49-50)
    God vra nie dat ons wonderwerke doen nie, maar dat ons bereid sal wees om deel te neem. Hy doen die res. Wat vra God van jou?
  4. “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” (Verse 51-52)
    Dit is die vraag wat Jesus vir die blinde bedelaar vra. Die almagtige en alwetende God wil ’n verhouding met elkeen van ons hê. Hy nooi ons om ons harte eerlik met Hom te deel.