1 Korintiërs 1:18-31
Datum: 29 Januarie 2023 (Oggenddiens)
Prediker: Hannes Burger
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
Mense sê al meer reguit: Ek kry nie meer geglo nie.
- Daar is net te veel goed wat hulle nie verstaan kry nie.
- Hulle bevraagteken dit wat hulle in die Bybel lees; en dit wat gebeur om hulle.
- Hoe reageer jy daarop?
- Ek moet bely, ek het begrip... Ons verstaan nie alles nie
- Maar is dit regtig ‘n probleem?
- God het gekies om anders te werk te gaan as die logika van ons wêreld.
- God laat Hom nie voorskryf deur menslike logika nie.
- Hy doen spesifiek die teenoorgestelde! te doen.
- Hy keer ons ons logika op sy kop om.
- En Hy doen dit “in sy goedheid”...! (V. 20) Omdat Hy ons ontsaglik liefhet...
- Met ander woorde: Jy hoef nie alles te verstaan om gered te word nie.
- Jy hoef nie alles te verstaan om in ‘n verhouding te staan nie.
- In ‘n verhouding leef jy net naby aan die ander.
- Vergelyk die kruis: Absoluut onverstaanbaar!
- Ditto vir die stukkendheid van ons wêreld.
- Kyk maar om julle...
- Eintlik is dit goeie nuus dat ons niks het om op te roem nie.
- Dis eers as jy snap dat jy nie hoef te verstaan nie, dat jy waarlik vry raak.
- Dis die punt van onvoorwaardelike vertroue - die essensie van geloof.
- Geloof is nie onlogies of irrasioneel nie. Dit gaan net heeltemal glad nie oor verstaan nie. Dit gaan oor oorgawe.