2 Sam 11:2-5, 15; Jona 1:1-3; Matt 26:69-70

Datum: 19 Januarie 2020 (Aanddiens)

Prediker: Johan Morkel

Ons is aan die begin van ‘n nuwe jaar.

  • Wie van julle het almal nuwejaarsvoornemes gemaak?
  • Wat is dit? 

 

Dikwels hou ons nuwejaarsvoornemens nie lank nie.

Dan:

  • voel mens jy ‘n mislukking,
  • voel jy ‘n flop,

Dit doen jou nie goed nie!

 

Ook as kinders van die Here,

  1. maak ons foute,
  2. misluk ons,
  3. stel ons die Here teleur.

Nou wil ek vra:

  • Wat dan?
  • Wat gebeur as ek as kind van die Here droog gemaak het?

 

  1. Kom ons kyk vanaand of daar mense in die Bybel is wat die Here teleurgestel het.
  2. Dawid

Dawid het sommer twee keer na mekaar die Here teleurgestel:

  • Dawid het met ’n ander man se vrou geslaap(Batseba)
  • Daarna het hy gereël dat Batseba se man, Urija, heel voor veg sodat hy kan sterf in die geveg.
  1. Jona
  • Die Here het vir Jona gevra om sy Woord te gaan verkondig in Ninevé. Toe weier Jona en vat ’n skip na Tarsus toe om van die Here weg te vlug.
  1. Petrus
  • Petrus het vir Jesus verloën. Dit beteken hy het gesê hy ken nie vir Jesus nie.

 

Ons moet nie dink hierdie 3 was slegte mense nie.

Ons kom maar almal presies dieselfde oor!

Ons:

  1. kom baie keer nie beloftes na wat ons teenoor die Here gemaak het nie,
  2. misluk
  3. stel die Here teleur,
  4. faal in ons roeping as kinders van die Here.

Kom ons noem praktiese voorbeelde.

Dalk:

  • het jy jou humeur verloor en lelik gepraat?
  • het jy leuens vertel?
  • was jy vals soos Dawid teenoor Batseba se man?
  • was jy ongehoorsaam aan die Here soos Jona?
  • het jy gedoen wat jy weet verkeerd was?
  • het jy gemaak of jy die Here nie ken nie soos Petrus?

 

I I.  Sonde het gevolge.

Kom ons dink gou aan die gevolge wat Dawid, Jona en Petrus se dade gehad het:

  1. Dawid:
  • Batseba het swanger geword,
  • Urija is dood gemaak in die oorlog.
  • Almal het geweet wat Dawid verkeerd gedoen het.

 

  1. Jona:
  • die mense op die skip wat nie gelowiges was nie, het in die storm gekom,
  • die mense in Nineve het nie die Woord van God gehoor nie.

 

  1. Petrus:
  • sy eie geloof lei skade, hy besef hy het die Here verloën,
  • ander gelowiges het gesien hoe lafaard Petrus is.

 

Ons moet nooit dink dat:  -    ongehoorsaamheid aan die Here,

-    verkeerde goed wat ons doen,

het nie gevolge nie.

Sonde het altyd gevolge:

  • iemand word seergemaak, (ouer, maat)
  • die werk van die Here ly skade, (kyk wat doen ’n Christen)
  • die saak van die Herer word belemmer,
  • die Here self word seergemaak.

 

I I I.  Daar is vergiffenis by die Here.

Dawid:             Psalm 50:1-4

Jona:               Jona 2:1

Petrus:             Mat.26:75(b)

Ons kan dit ook doen.

 

Ek gee stilte vir elkeen van ons om:

  1. te dink waar ons die Here teleurgestel het:
  • ongehoorsaam was,
  • sonde gedoen het,
  • lelik met ander mense was,
  1. die Here daarvan te vertel soos Dawid, Jona en Petrus.
  • vra vir die Here om vergiffenis.

Gee geleentheid. 

 

I V.  Is alles nou verlore vir ons wat gefaal het? 

Dawid:

  • het die beste koning van Israel geword(die man na God se hart)

Jona:

  • het uiteindelik die Woord van God in Nineve gebring en baie mense het tot bekering gekom.

Petrus:

  • het die leier-dissipel van die Here geword,
  • het baie mense na die Here gelei,
  • het 2 boeke van die N.T. geskryf.

 

Die wonder is: Die Here gebruik ons weer!

Die Here:

  • kan elkeen van ons weer gebruik,
  • wil elkeen van ons weer gebruik,
  • gee 2de kanse,
  • meer kanse, nog kanse.
  • gee nooit op op ons nie!
  • ons moet maar net onsself beskikbaar stel!

AMEN