Matt 6:9-10
Datum: 22 Februarie 2026 (Oggenddiens)
Prediker: Ds Danie Murray
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; (10) laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.
Wat is die koninkryk van God?
Al ons geld en besittings, ons gesin, tyd en gesondheid en lewe. Wie is die koning daarvan?
Ons wil graag dit self bestuur soos ons wil, maar dan is dit nie deel van God se koninkryk nie. Dit is wanneer die bestuur daarvan aan God gegee word dat dit deel word van Sy koninkryk.
Verbeel jouself ‘n gemeenskap wat deur God se beginsels lewe.
Die koninkryk is dus persoonlik oor my eie lewe, my huwelik is God sin, my gesin is God sin, my besittings en geld is God sin, my gemeente behoort aan God, my werk plaas en skool is God sin. Ons is aangestel as Sy kinders om dit wat syne is te bestuur.
1. Koninkryk kom deur genade
- Mense met ambisies, soeke na aanvaarding, begeertes en so voorts. Maak gemors daarvan en veroorsaak dood en lyding.
- Onmoontlik vir mense. Onvermoë
- Onmoontlike word moontlik en niks kan die hoop dood maak. Oneindige potensiaal. Oorwinning reeds bevestig deur Jesus Christus en die kruis.
- Aardse seën kom met Jesus, dit word nie oor die pos gestuur Hy kom lewer dit persoonlik af.
- Onderwerping en prys gee van self. kleed aantrek.
- Nuwe Identiteit. (onbeperkte mag van God, koningskap, heerlikheid, vergewe, Hemel wat vir my wag, teenwoordigheid van God in alle omstandighede)
- Ons is konings in Sy koninkryk saam met God.
2. Groter as swaarkry opoffering en dood.
- Ons is anders. Pas nie in die wêreld.
- Hoe my swaarkry vir ander begin help.
- Hoeveel wat kinders prys gee vir God, (kyk op youtube: “insanity of God”).
- Vreugde is in die Here.
3. Wat wil die Here met sy geld, plaas, gesondheid, lewe en tyd politiek en werk maak wat ons bestuur?
- Wat wil en kan die Here doen deur De Eike gemeente?
- Elkeen met eie roeping, maar het ook ‘n gesamentlike roeping.
- Waar wil die Here deur ons bereik in die volgende 10 jaar, sodat ons daaraan kan werk.
- Nie ons denke en slim wees nie, maar hoe hoor ons Sy stem?
Danie Murray het baie stories om te vertel hieroor en is beskikbaar om vir koffie genooi te word. 0827213809

