Galasiërs 4:1–7
Datum: 15 Februarie 2026 (Oggenddiens)
Prediker: Adriaan Vogel
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
Wie kan die verandering bring? Ek?! Is jy seker?! Selfs helde van die Bybel het gewonder toe God besluit het om hulle te kies. Abraham het gedink hy en Sara is te oud om kinders te hê; Moses het probeer verduidelik dat hy nie goed genoeg kan praat nie; en Gideon het gedink hy is nie belangrik genoeg nie.
Die waarheid is: elkeen van hulle was reg. In hulself was hulle nie in staat om te bereik wat God van hulle gevra het nie. Gelukkig laat God hulle nie aan hulself oor nie.
Die vraag vir ons vandag is: Glo ons dat God ons ook roep? En hoe kyk ons na onsself? Deur die lens van ons eie beperkinge, of deur die oë van die Here wat ons geskep het, geroep het en nou ook wil stuur?
- Opening
Besef jy wanneer jy in die teenwoordigheid van die Here staan? Of is jy te besig om bessies te pluk?
- Agtergrond vir die teks
Paulus maak dit vir die mense duidelik dat die wet het hulle tot op hierdie punt gelei, maar dat dit nie is wat hulle uiteindelik sal vryspreek nie. Hy moedig hulle aan om die nuwe lewe en die pad na verlossing te omhels.
- Dit kom nie uit jouself nie
Om in God se diens te staan, beteken nie om die “goeie” lewe deur jou eie krag aan te pak nie. Dit beteken om die vertroue te hê dat God deur jou werk.
- Weet jy wie jy is?
Volgens die sielkundige Carl Jung is hierdie ’n belangrike vraag, want êrens word ons identiteit bepaal. As jy nie weet wie jy is nie, sal iemand anders dit vir jou definieer.
- Wie is jy?
God se kind – geroep, geliefd en gestuur. Hoe gaan jy dit uitleef?
Gedagtes om hierdie week oor na te dink
- As jy sê: “Ek is die Here s’n,” wat beteken dit vir jou in jou daaglikse lewe?
- Hoe help jou geloof jou om jouself anders te sien as wat die wêreld jou sien?
- Waar in ons wêreld is God besig om te werk, maar ons mis dit maklik omdat die lewe ’n gejaag van punt tot punt geword het?

