Spreike 31
Datum: 7 Augustus 2022 (Oggenddiens)
Prediker: Chris Barnardo
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
- 1. Inleiding. Vroue met wie ek in gesprek was sê vir my dat die vrou in Spreuke 31 hul altyd laat skuldig voel. Daar is vroue wat vinnig-vinnig verby Spreuke 31 blaai want; die vrou wat daarin beskryf word, bedreig hulle.
- Het hierdie super-vrou ‘n naam? Dis opvallend dat hierdie vrou nie ’n naam het nie. Dalk wil die skrywer nie ’n enkeling beskryf nie, maar eerder ’n samevatting van kwaliteite van vrouwees. En wanneer ons dieper delf kom ons agter dat hierdie gedeelte in digvorm geskryf is. En ’n gedig, dit weet ons tog, wil ’n boodskap op ’n besonderse manier beskryf en oordra. En dit laat ons vanoggend met die vraag: Vir wie is hierdie gedig werklik geskryf?
- Vir wie is dit geskryf? Uit die konteks blyk dit duidelik dat hierdie gedig aan die manne gerig is. Joodse mans word van kleins af geleer om hierdie Skrifgedeelte woord vir woord te ken. Hoekom? Sodat hulle een keer per week hul pasmaat aan die etenstafel met die woorde van hierdie gedig kan prys. Hierdie gedig is beslis nie ’n soort lys wat “deurgewerk” moet word ten einde vas te stel of ’n bepaalde vrou as “knap” beskryf kan word nie. Ons vind in hierdie gedig ’n opdrag om ons eie en ander vroue te prys en te respekteer.
4. Tog is daar vir almal ’n duidelike boodskap. Hierdie gedig handel nie oor wat jy alles doen of nie doen nie, maar oor hóé jy dit doen. Luister goed na die Spreuke 31-vrou se emosies wanneer sy werk: Sy geniet dit, sy pak dit vol lewenslus aan, sy is gevul met liefde. Hierdie dame se getuienis is daarin geleë dat sy die Here getrou dien. Haar getrouheid aan die Here is haar ware skoonheid. Daarom bewonder almal wat met haar te doen het haar manier van leef (vers 29-31). En dit is waar alles begin én eindig. Die lewe voor God se aangesig handel nie primêr oor wat ons doen nie, maar hoe ons dit doen en wie ons is